A new chapter

OR TAMBO

21 Augustus 2018, 15:45 (SA-tyd)

Ek het sopas op OR Tambo Lughawe gearriveer. Ouma en Mamma het my op Upington Lughawe weggesien. Ek sit in Piece a Pizza en drink ‘n klein cappuccino, terwyl ek vir Johan wag om klaar te werk en my te kom oplaai. Hier loop vreeslik baie toergroepe verby. Ek kan aan die Engelse aksente hoor dat die meeste van hulle buitelanders is. Almal oppad na ‘n volgende bestemming op hulle lewensreis, nes ek wat hier sit en so kort-kort my bagasie dophou. Twee groot pienk reistasse en my nuwe reis/hiking rugsak. Ek is mos nou vrou-allen op hierdie reis. Gelukkig was my SAA-vlug lekker en vining. Nou kan ek net uitsien na môre. Eintlik het my nuwe hoofstuk vandag reeds begin. Toe ek op Upington se lughawe gegroet het. Twee jaar is nogal lank, maar ek weet ook dat dit gaan verby vlieg. Ek het toe ook sommer vir my ‘n poskaart gekoop van die mooie Oranjerivier. Wie weet wanneer ek weer in die Noord-Kaap sal kom?

Nietemin, dit was ‘n baie geseënde 9 jaar vir my hele gesin. Ons was so gelukkig in die Noord-Kaap, en veral op Groenheuwel. Ek weet die volgende 2 weke wat voorlê, gaan veral vir Mamma en Pappa swaar wees om van die plaas af weg te trek. Maar ons almal weet dis vir ‘n groter doel. En dat daar ‘n tyd kom om hoofstukke in jou lewe af te sluit. Pappas sal baie gelukkig wees in Egipte. Ek weet God gaan vir ons almal sorg; vir my in Abu-Dhabi, Engela me haar studiues in Potchefstroom, Andri om matriek goed te slaag, Johan in Sandton, Mamma met die verhuising en daarna saam  met Pappa in Egipte. What a journey lies ahead! Dankie Here, dat waar ook al ons mag gaan, U is reeds daar.

Ek sien uit om vanaand saam met Johan en Luca te kuier. Môreoggend moet ek weer 6-uur op die lughawe wees om my vlug te vang na Dubai. Gelukkig  vlieg Marguerite Roux saam met my. Al wat ek sovêr van haar weet, is dat sy blond is, 31 jaar oud is en dat sy 4 jaar terug vir ‘n jaar in Al Ain ook skool gegee het. Maar wag, my cappuccino is al koud en ek het nog nie eers een slukkie gevat nie. En ek dink ek moet tóg maar gou by ‘n winkel inglip om’n sonbril te koop vir my nuwe Land van Sand. Tomorrow is  The Day. xx

 

One thought on “A new chapter

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: