Emirates

 

22 Augustus 2018

My oggend het vroeg begin. Om 5-uur was ek en Johan op en oppad lughawe toe. Ek het maar min geslaap, maar so is dit maar as enige belangrike dag vir my voorlê. Neline en haar ma het my gisteraand kom verras met Suid-Afrikaanse pakkies en die mooiste briefie vir op die vliegtuig, wat ek nounet kon lees. Gelukkig was die incheck vanoggend vinnig (al het my tasse die gewig oorskry). Net daarna het Marguerite se ma my herken en ek kon toe sommer saam met hulle gaan Dirhams kry en ‘n koffie’tjie drink.

Nou sit ek al vir 5 ure in ‘n Emirates vliegtuig langs Marguerite. Ek het haar juis nounet vertel dat haar naam te lank is- ek noem haar sommer Anna (haar middelnaam). Wat ‘n wonderlike ‘meant to be’ ontmoeting was dit nie vir ons nie! Ons gesels so lekker, stem oor die meeste goed saam (veral waardes) en ons kan oor geloof praat. Dit is darem net ongelooflike hoe haarfyn die Here werk. So nou het ek my nuwe (eerste) vriendin saam met wie ek hierdie journey kan stap en geniet. Het ek gesê sy is ook by Kindergarten?

Ek het vir middagete ‘n seared basa fillet bestel op die vliegtuig. Dit was ‘n lekker stukkie vars vis. Ek kon nie ‘n fliek kry op die tv hier voor my waarvoor ek lus is nie, nou dink ek daaraan om ‘n nuwe Paul Washer sermon te luister. Dis nog so 3 en ‘n half ure se vlieg, dan arriveer ek in my nuwe ‘valley’. Ek weet watter groot voorreg dit is om oorsee te kan gaan en so ‘n wonderlike avontuur aan te pak. Ek is geseënd en het volle vertroue op Hom vir wat voorlê, en maak geensins staat op my eie krag nie.

Ek voel tóg soos ‘n nuwe mens soos ek hier sit. Vêr weg van alles wat ek geken het en oppad na iets nuuts. Terselfdertyd weet ek ook dat dit nodig is. Vir nuwe dinge, nuwe mense, meer ervaring en meer wysheid. Ek voel gereed en is in volle afwagting op die Here se voorsiening in my lewe. Mag my twee jaar vir Hom wees, en niks vir myself nie. Ek kort nog soveel Ware Wysheid.

One thought on “Emirates

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: