Rooibostee

03 September 2018

07:41

Dit is week 2 en dag 7 by my nuwe skool, Al Ittihad National Private School. Ek sit in my cubicle en luister na ‘n sermon “God is going to put his super on your natural” by Paul Washer. Wat ‘n voorreg om soggens met ‘n koffietjie in die staff room te kan sit en my dag so te kan begin. Wanneer die leerders begin opdaag oor ‘n week en ‘n half, gaan my oggende nie meer so rustig wees nie! Die afgelope week was werklik baie geseënd.

Ons kry baie opleiding by die skool oor die UAE kultuur, privaat Amerikaanse kurrikulum van my skool, policies, ens. Dit voel goed om so stuk-stuk meer te weet oor presies wat van my as onderwyser verwag word. Ek het ook al gister een van my leerders en sy ouers ontmoet. Ek dink dit gaan aan die begin moeilik wees om die ouers uit te ken, veral omdat almal eintlik dieselfde kleredrag oor hulle lywe en gesigte dra. Die winkelsentrums of ‘malls’ waarnatoe ek al baie was, is Mazyad Mall en Spinneys (in die Al Forsan Sports Club). My TV in my woonstel is opgestel en teen my muur vas gesit, en dis heerlik om my flash drive daar in te druk en iets te kyk of te luister. Ek het laas week bietjie vir Mamma en Pappa gebel en hulle meer vertel oor my tyd hier. Pappa het intussen veilig in Egipte gearriveer en hy bly in ‘n pragtige huis op ‘n plaas buite Alexandria in Egipte.

Ek en Fatima was die naweek na ‘n heerlike Restaurant toe in Al Forsan. Die spyskaart was in die vorm van ‘n ‘tablet’ en dit was so lekker saam met haar! Ons twee kuier baie lekker saam. Sy is ‘n pragtige Moslem kollega, wat van Morocco afkomstig is. Lena is ‘n ander vriendin wat oorkant my bly, en sy is van Lebanon. Dit is heerlik om verskillende vriende te hê, wat almal ‘n verskillende Engelse aksent het en met wie ek goed oor die weg kom.

Iets interessants wat ek die afgelope week opgetel het, is hoe sterk Suid-Afrikaners die Britse aksent aanleer, veral in ons skole. Ek is nou in ‘n American Curriculum School en onmiddelik het ek die Amerikaanse aksent begin aanneem. Four, with the rolling ‘r’ is  American, not ‘four’ pronounced with a silent r, as with the British accent. Sulke goedjies kon ek gelukkig sovêr self optel en aanleer.

Alles is baie opwindend hier. Ek is steeds elke dag verstom oor die wonderlike seëninge wat ek ontvang, vriendelike mense van regoor die wêreld wat ek ontmoet, hoe ek gewoond raak aan die hitte, die gesing op die Moslemradio’s vyf maal ‘n dag, die volgepakte skoolbussie elke oggend en middag, die skoon en netjiese strate en supermarkte, die koel (en duur) taxi-ritte en die feit dat ek steeds bekende kos en vrugte koop wat ek ken! Dalk verander dit met tyd, maar ek ken myself, nie sommer nie! Tot volgende keer, ek moet nou gereed wees vir ‘n ‘Science Meeting’ van 2 ure en wil eers vir my (nog) ‘n koppie koffie maak (ja, ek is offisieel ‘n koffiedrinker- na al die jare). Gelukkig verkies ek meestal steeds my koppie Rooibostee, al die pad van Suid-Afrika.

cropped-beverage-books-caffeine-904616.jpg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: