Veilig in my nuwe tuiste

14:20  (UAE Time)

25 Augustus 2018

Ek is al vir 4 dae veilig in Abu Dhabi! En vandag is my tweede dag by my nuwe skool. Sovêr was alles omtrent my ervaring hier wonderlik! Ek is werklik geseënd met die goeie skool en mooi studio! Gister toe ons by die skool aankom, was ons verstom met hoe mooi en groot die skool is. Dis ‘n splinternuwe skool (branch) en die naam is Al Ittihad Private National School (Shakhbout branch). My home is in Khalifa City. Daar doen ek dit weer, ek begin in Engels tik, dan moet ek alles uitvee. My gedagtes is al reeds in Engels.

Ek het nog nie van my aankoms in Abu Dhabi vertel nie. Kom ek begin… Ek en Marguerite het in Dubai geland na ‘n heerlike Emirates vlug. Ons moes toe twee verdiepings ondertoe gaan om in ‘n groot trein te klim, omtrent 5 minute lank te ry, en uiteindelik by ons bagasie uit te kom. (‘n Idee van hoe groot Dubai se lughawe is!) Daar gekom, het Mr. Rami met ons name op ‘n tablet ons ontvang  en ons het daarna vir amper 3 ure in Dubai rondgery, in die middel van die nag, daarna vir Lena ook by die lughawe gaan optel en uiteindelik Abu Dhabi toe gery. Ons het so half 2 die Donderdagoggend by ons studios aangekom en begin uitpak. Ons was almal baie bly oor ons blyplek en ‘n heerlike queen-size bed om na ‘n lang vlug uiteindelik te slaap.

Ek het tot dusvêr elke dag die malls besoek, meestal om skoonmaakmiddels en noodsaaklikhede te koop. Ek het darem ook al twee mooi rooi rokkies gekoop en twee pare skoene vir skool. Gelukkig het ek al die meeste van die nodigste in my blyplekkie. Ek het ook klein koffiesakkies en melkies om saam te neem werk toe. Daar is nie enige koffie of kos nie, maar wel ‘n lekker groot yskas in die KG-department se ‘staff room’. Die staff-room betsaan uit lessenaar kompartmente met laptop-spasie en laaie. Ek het die eerste dag ‘n foto by my lessenaar laat neem. My skool is ‘n A-klas tipe, wat die beste is in die UAE. Dit het ‘n kliniek, nursery vir onderwysers se kinders, binnehuise sportbane, hysbakke, ontvangs by elke departement, klas-en onderwyserassistente en ‘n pragtige gebou. Ek sien sovêr nog elke dag uit om terug te gaan skooltoe. Ons is ook ingelig dat die ‘Kindergarten’ leerders eers oor 3 weke by die skool begin. Dit beteken ons het baie tyd om ons klasse en temas reg te kry. Ons is hierdie hele eerste week omtrent die hele dag in vergaderings, alle kurrikulums is al beplan en bespreek en ek sien uit om in detail te beplan van week tot week.

Ek neem elke oggend vir myself vrugte in bakkies saam skooltoe, sowel as provitas (nie so lekker soos in SA nie). Dan wag ons almal om 06:40 vir die skoolbussie. Ons is so 9 of 10 wat saamry, waarvan 7 Suid-Afrikaners is. Ek het die wonderlikste tema-prente en plakkate gekry op die internet wat ek more gaan print en lamineer. My klas se tema is “Garden”, so daar is baie blomme en skoenlappers en ek is so opgewonde daaroor! Ek dink ek was nou genoeg in die winkels die week! Ek gaan probeer om vir die volgende week bietjie tuis te bly en my tyd goed bestee met belangriker dinge. Ek wil meer tyd saam met God bestee en bid vir die regte ‘mind set’ vir dit wat mag voorlê. Intussen het ek darem al 2 keer vir Pappa en Mamma gebel. Hulle is ingetrek in die woonstel en Pappa vlieg al oor 2 dae! Ek glo darem dat alles sal goed gaan. Ek wag nog die maand vir my UAE ID, sodat ek myself ‘n volwardige ‘UAE citizen’ kan noem. Wat ‘n voorreg!

blue-blue-background-botanical-1445418

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: