Die volgende trein

20 Oktober 2018

13:50 (UAE Time)

Dis ‘n lieflike (sonnige, natuurlik) Saterdagmiddag en ek het besluit om bietjie in Marriott Hotel oorkant my blyplekkie te kom sit en skryf. Met klassieke musiek in my ore, ‘n heerlike vars Granadilla drankie en ‘n pragtige uitsig oor die fonteine hierbuite, kan ek terug dink aan my 2 maande in Abu Dhabi.

What a joyride it has been thus far! Kom ek begin by die skool.. Ek geniet die kindertjies in my klas baie. Alhoewel hulle Arabiere en Moslems is (‘n kultuur en geloof wat ek glad nie voorheen geken het nie), het ek reeds vir hulle lief geraak. Hulle is maar soos enige ander 4-jariges in die wêreld; op soek na liefde en speeltyd. Nie die maklikste kriteria om aan te voldoen terwyl hulle ‘n klomp werkboeke het om te voltooi nie. Maar nietemin, ek probeer my bes om hulle deur die klein goedjies gewoond te maak aan my en my liefde.

Na 2 maande kan ek sê dat alles nie heeltemal meer so chaoties is by die skool nie. Die vergaderings en opleidings begin al minder word en die kurrikulum is al meer verstaanbaar. Van die kos is ook al lekker! Ek geniet Gazebo Restaurant se Butter Chicken baie! Maar ek dink nie ek sal vining gewoond raak aan die reuk van Arabiese tee en koffie nie. Dalk wel, mens weet nooit. Selfs die hitte is al beter. Dit word soms al onder 40 grade hier omdat dit al Herfs is, so dan is dit heel lekker! Dit word nou elke week koeler en dan is dit heerlik om soms skemer se kant ‘n draaitjie te gaan stap.

Ek bly op ‘n lekker deel van Abu Dhabi met winkels wat redelik naby is. Die skool is nogal vêr van ons blyplek af (elke dag ‘n uur se ry met die skoolbussie). Dit is dan die tyd wat ek my earphones in my ore het en na ‘n preek luister (elke oggend en laatmiddag). Dit is ook die tyd waar ek gereeld vir geduld moet bid, want ons kom soms ‘n uur en ‘n half later van die skool af by die huis aan as wat ons mag verdaag. En dan besef ek net weer dat ons groot geword het in ‘n gejaagde lewe. As dinge nie vinnig genoeg gebeur nie, raak ons onrustig, so asof ons die volgende trein moet haal… na watter bestemming, weet ek nie. Wat wag vir my by die huis wat so belangrik is dat dit my geduld (en geluk) vir die dag mag steel?

Wanneer het ons begin vergeet hoe om net in ‘n skoolbussie te sit, musiek te luister met earphones in ons ore, die natuur en die verbykomende verkeer dop te hou en dankbaar te wees vir die voorreg van ‘n werk en vervoer tot by die huis? Wanneer het ék deel van die ongeduldige wêreld geword?

Ek het nou die dag ‘n deel van ‘n fliek gekyk waar ‘n man wat in die 1800’s gelewe het, by vandag se lewe opdaag. Sy vriend se woorde in die fliek was:

“It is no more crazy than a dog finding a rainbow. Dogs are colour blind, Gretchen. They don’t see colour. Just like we don’t see time. We can feel it, we can feel it passing, but we can’t see it. It’s just like a blur. It’s like we’re riding in a supersonic train and the world is just blowing by, but imagine if we could stop that train, eh, Gretchen? Imagine if we could stop that train, get out, look around, and see time for what it really is?…”

Toe daar vir hom gevra is oor die wêreld waaruit hy kom, sy vorige lewe in die 1800’s, was sy antwoord:

“I miss it’s rythm…

(Life) was quite a bit slower.”

 

Dit het my laat besef dat dit juis op sulke dae is wat ek moet stil raak en myself moet afvra: Waar lê die fout?

Hoe groot aandeel het ek in die gejaagde lewe van vandag? Soms moet ek in eerlikheid en opregtheid nabetragting doen oor my doen en late. Ons lewe in ‘n tyd waar alles volgens ons tyd moet gebeur. Ons weet nie meer hoe om op God te wag nie. Hoe om Sy wil eerste te stel nie. Ek dink aan jongmense se vooropgestelde idee dat ‘n mens so vroeg moontlik moet trou, ‘n huis moet koop, geld moet maak… Maar ons vergeet die belangrikste: Ja, dit is alles goed en wel… AS dit in God se plan is. Want hoeveel mense wat met alle haas in hulle vroeë 20’s trou, se huwelike hou dit nie? Ek ken ‘n hele paar, wat voor hul hul eerste kind kon hê, al geskei het. En dis nie omdat vroeg trou verkeerd is nie – inteendeel. Maar dis omdat ons nie meer God se perfekte wil en tyd in ag neem nie. My een vriendin het in die week ‘n dogtertjie in die wêreld in gebring.. sy is pragtig en volmaak en bring soveel geluk vir haar familie. Maar hierdie vriendin was voor ‘n paar jaar voor dit deur ‘n miskraam, en moes dus lank in geloof volhard voordat sy weer swanger kon word. Was dit dalk ‘n fase van die beoefening van geduld en geloof op haar lewenspad? Vir seker! Is sy ‘n sterkter Christen as gevolg van dit? Absoluut! Hoe kan ons nog enigsins God se plan bevraagteken.. as ons nie eers die vaagste benul het hoe groot en wonderlik Sy perfekte tyd is nie?

Ek is so dankbaar dat God my gereeld kom red uit my onkunde. Uit my blinde lewe. Uit die ongeduld van my vlees. En dat Hy my daagliks kom herinner dat daar belangriker dinge in die lewe is as om elke oggend en elke middag van die werk af tot by die huis te jaag. Ons lewe so gejaagd en jaag van stasie tot stasie, om die volgende trein te haal. Dalk moet ons vir ‘n slag net rustig sit, by die venster uitkyk en die oomblik waarin ons is, waardeer.

Want voor jy jou oë gaan uitvee, gaan jou trein ook eendag stilhou. Dan het jy dalk met al jou gejaag jou laaste stasie gehaal, maar die hele rit gemis.

Mag ons weer leer om op God te wag. Om Sy stem te hoor, te midde van ‘n onrustige en gejaagde wêreld. Mag ons gereeld stil word en besef: Hy is God, hoog bo alles en almal. Wag op Hom.

 

Wait for the Lord;
be strong and take heart
and wait for the Lord.

Psalm 27:14

||

Lees gerus die volgende ‘post’ vanaf die webblad, ‘Desiring God’, wat gaan oor ons besige, alledaagse lewe. “Too busy to see we are blind”.

Dis werklik die moeite werd om te lees: https://www.desiringgod.org/articles/too-busy-to-see-were-blind

 

2 thoughts on “Die volgende trein

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: