Hoe mooi kan jou lewe lyk?

My guntelingliedjie is die van Elvis Blue, “Mooi”;

‘Hoe raak jy aan die slaap?

Hoe begin jou dag?

Open jy jou oë met ‘n traan

of met ‘n lag?’

In die moeilikste en alleenste tye van my lewe het ek hierdie lied soggens oppad werk toe geluister, en sommige oggende steeds.

||

Hoe begin jou dag?

Lê jy dalk elke oggend laat tot die laaste sekond, sodat jy moet opspring en net-net betyds kan wees vir werk? Trek jy met haas jou klere aan, zip jou laptop-sak toe, gryp ‘n appel vir die dag en uit is jy by die deur? Is dit jou roetine vir 300 werksoggende in ‘n jaar? Wat neem jy eerste in jou hand as jy wakker word? Jou selfoon of jou Bybel? Waarmee versadig jy jou siel elke nuwe dag?

Markus beskryf hoe die Here Jesus vroeg in die môre, nog diep in die nag, opgestaan en na ‘n eensame plek gegaan het om daar te bid (vgl Mar 1:5). Hy het ure in die teenwoordigheid van Sy Vader deurgebring. En as Hy as Seun van God behoefte daaraan gehad het, hoeveel te meer dan nie ons nie?

Stel jy jou wekker vir vroeg in die more, wanneer die wêreld daar buite nog slaap? Wanneer jou kinders nog in droomland is en jou selfoon se boodskappe en oproepe jou nie pla nie. Wanneer die stadsverkeer nog stil is en son wink-wink om ’n nuwe dag aan te kondig. Waar begin jou dag? Dalk in die verkeer oppad werk toe, of in die bus op pad skool toe. Of dalk begin jou dag reeds so uur of wat voor dit, daar in jou binnekamer waar jy vir God ontmoet. Dit mag wees by jou kombuistafel, in jou studeerkamer of by jou lessenaar. Dalk is dit met dagbreek op jou stoep; net jy en jou Bybel, ‘n koppie koffie en die koel oggend-briesie. Want soggens kan ons in stilte die oggenddou indrink en ons dors by God les. Die gebed van Moses was: “Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.”

Hoe lank vertoef jy soggens in jou binnekamer?

||

‘En kyk jy om jou rond
En sien jy dan die son?
Of soek jy agter alles
Na die skadu op de grond?’

Besef  ons hoe groot die impak van ons denke is? Ons raak so in vervoering met die lewe rondom ons en ons vul onsself met al die luukse en aardse dinge van die wêreld, en dan wonder ons hoekom ons so leeg voel. Hierdie lied herinner ons dat elke mens soms ‘n grondpad sal loop in die lewe. Dat ons elkeen iewers ‘n berg sal kry om uit te klim. Maar ook dat ons elkeen oor genoeg het om voor dankbaar te wees ten spyte van ons omstandige. Sien jy nog die klein seëninge in jou lewe raak? Dalk het jy al vergeet om dankbaar te wees vir die dinge wat jy jare terug in gebed gevra het, en intussen so getrou van God ontvang het.

Ons bid vir ‘n goeie werk na universiteit, maar waneer ons die werk van ons drome kry, gooi ons onsself so toe met die geld en die sukses van die bedryf, dat ons heeltemal van God vergeet, die Een wat dit aan ons gegee het. Dan wonder ons waar God is in ons lewe, terwyl Hy altyd in standvastigheid ons geseën het met ons grootste drome. Maar ons het vergeet om die klein goedjies raak te sien, so onverdien’…. Ons het net vergeet…

Ons bid dat God eendag vir ons ‘n man of ‘n vrou sal gee. Die regte een. En 5 jaar in die huwelik in, het ons vergeet om na die Bybel te draai vir leiding, ons vergeet wat ons rol as man en vrou in die huwelik is, want ons ken nie die Bybel nie. Dan sê ons vir God ons kan nie meer nie, dis te moeilik, maar ons het vergeet hoe lank ons vroeër in ons lewe op ons knieë was, gebid het vir hierdie dag, die man of vrou waarvoor ons gevra het. Ons het vergeet dat Hy ons grootste gebed verhoor het. Ons het net vergeet…

Ons bid vir kinders, maar wanneer God vir ons gee, kla ons daagliks by ander (om nie eers van sosiale media te praat nie) oor hoe moeg ons is, as ons maar net ‘nannies’ kon bekostig. Het ons vergeet watter groot seëning en verantwoordelikheid kinders is? Dat wanneer God ons gesin seën met kinders en wonderlike gesondheid, ons genoeg ander dinge vind om oor te kla? Ons het vergeet..

“Weet jy wat jy het?

Is die sirkel rond?

Sien jy wat daar staan of bly jou oë op die grond?”

||

“Is jy tevrede met die minste
Of is die meeste nie genoeg?”

Hoekom vind ons so gereeld dat die rykste, mees suksesvolle mense in hierdie aardse lewe, dikwels die ongelukkigste is? En soms loop die mense wat absoluut niks het nie, maar wat vir God ken, oor van blydskap. Ons laat toe dat die dinge van die wêreld ons insluk. En dan wonder ons hoekom amper almal so negatief en depressief is, so leeg en onvervuld bly. Weet ons dan nie dat elke ding van hierdie aardse wêreld van die vyand af kom nie?

John 10:10 – The thief cometh not, but for to steal, and to kill, and to destroy: I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly.

||

“Raak jy verwonderd deur die sneeu?
Deur die druis van die wind?
Geniet jy nog die voëls,
En die glimlag van ‘n kind?

Bewerk jy jou geluk
Binne-in jouself?”

’n Christen se hoop is nie maar net ’n reënboog wat verdwyn as jy nader gaan nie. Jy kan dus met sekerheid weet dat die hoop en toekomsverwagting wat God aan jou belowe, nie net soos mis voor die son sal verdwyn nie. Hoe swaarder dit nou gaan, hoe sekerder kan jy weet dat al die beloftes in die Bybel nog eendag waar sal word vir jou.

||

John 6:35 KJV – “And Jesus said unto them, I am the bread of life: he that cometh to me shall never hunger; and he that believeth on me shall never thirst.”

Kies ons om in hoop ons grondpaaie aan te durf met ons oë gerig op Jesus?

’n Mens is maar so gelukkig soos hy besluit om te wees deur die Gees. Wanneer jy om jou rondkyk, en jou seëninge begin tel, raak die lys eindeloos, en ons besef weer hoe oneindig groot ons God is.

Die goeie dinge in jou lewe weeg swaarder as die slegte dinge.

As jy dit net kon sien.

||

“Hoe mooi kan jou lewe lyk?

Dis maar hoe jy kyk…”

||

Volg die lied se skakel hier: https://www.youtube.com/watch?v=JJZly6hSi28

 

 

Mooi (deur Elvis Blue)

Hoe raak jy aan die slaap
Hoe begin jou dag
Open jy jou oë
Met ‘n traan of met ‘n lag
En kyk jy om jou rond
En sien jy dan die son
Of soek jy agter alles
Na die skadu op de grond

En leef jy vir geluk
Of sterf jy van verdriet
Is daar vir jou ‘n keuse
Of het jy geen keuse nie
Dit maak nie regtig saak
Of dit waarheid is of nie
Dis hoe jy dit sien

Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi Is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel

Weet jy wat jy het
Is die sirkel rond
Sien jy wat daar staan
Of bly jou oë op die grond
Kry jy wat jy wil
Of meer as wat jy vra
Is jy tevrede met die minste
Of is die meeste nie genoeg

Raak jy verwonderd deur die sneeu
Deur die druis van die wind
Geniet jy nog die voëls
En die glimlag van ‘n kind
Bewerk jy jou geluk
Wat binne in jouself
Dis die einde en begin

Hoe mooi
Kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi Is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel

 

2 thoughts on “Hoe mooi kan jou lewe lyk?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: